Boek: Wat nou, Suid-Afrika?

Wat-Nou-SATheuns Eloff

Om braaivleisvure skiet gewone Suid-Afrikaners se kommervlakke deesdae amper net so hoog op soos die vonke. In Wat nou, Suid-Afrika? vra Theuns Eloff talle kritiese vrae, waaronder:

• Wat is Maatskappy Suid-Afrika se bates en laste?
• Tel meriete nog in die staatsdiens?
• Hoe gemaak met die krisis in Afrikaanse onderwys?
• Watter veranderinge kan gewone Suid-Afrikaners teweeg bring?

Hy bespreek die kwessies op almal se lippe: die gebrek aan leierskap deur die Zuma-regering, die impak van kaderontplooiing en korrupsie, die toenemende kultuur van toe-eiening, asook die druk waaronder Afrikaans in die openbare domein is.

Eloff steun op die jongste navorsing en sy ervaring in die politieke en sakewêreld om nuwe perspektief op hierdie kwelpunte te gee.

Oor die outeur

Theuns Eloff was in sy lewe al studenteleier, predikant, Dakar-ganger, administrateur by die vredesonderhandelinge en Kodesa, voorsitter van Aardklop, president van ’n nasionale sakeorganisasie en rektor van die Noordwes-Universiteit. Hy is tans nie-uitvoerende voorsitter van die FW de Klerk Stigting, die Dagbreek Trust en ’n genoteerde maatskappy.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R210-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Reinhardt ·

As Theuns in Dagbreek was dan weet hy mos. Sal die boek moet lees.

Hendrik ·

Nou hoe dan nou Theuns, het jy nie die dinge uitgeklaar in Dakar en Kodesa toe jy manhaftig die res van ons gaan verteenwoordig het nie? Dit was tog die res van ons se grootste vrese?

Hein ·

Ja Hendrik het hy ‘n Plan B om uit hierdie gemors te kom. Net om te gaan stem by die volgende verkiesing is nie genoeg om die land te red nie. Dit beteken nie dit is demokraties omdat jy kan stem nie. Die huidige reels opestel deur ANC en geondersteun deur die DA en EFF maak ‘n grap van die demokrasie. Diskriminasie soos regstellende aksie, BEE, kwotas, grondeise teen witmense.

Johan ·

Hendrik. Jy praat van ‘verteenwoordiging’. Om iemand te verteenwoordig is om sy goedkeuring te hê om hom te verteenwoordig. Tweedens maak jy eers seker dat dit wat jy onderhandel die goedkeuring geniet van die wie jy verteenwoordig. Theuns het my nie verteenwoordig nie, want hy en almal het dit sonder goedkeuring en agter toe deure gedoen. Toe ons, letterlik soos barbare, moes skree op hulle om op te hou en om te draai, het ons net ‘n gluur uit die hoogte gekry… Hierdie ouens se ‘ontwaking’ maak hulle gevaarlik. Hulle sien net wat ons ‘mal regses’ lankal gesien het. Hulle gaan soos ons begin klink en soos ons begin praat. Dan sal ons weer onder hulle inval en selfs vir hulle ‘n ‘oorlog’ voer. Hulle weet ons is lojaal aan die land en sal dit misbruik tot hulle voordeel. Glo my. Na die tyd sal hulle net weer uit die hoogte op ons lojales neerkyk…

Johann ·

Nou is tyd vir saamstaan. Ophou jammer voel vir onself en mekaar ondersteun en daadwerklik verarmde Afrikaners help. Alternatiewe is 2de Majuba of stadig maar seker verdwyn.

Leonie Booysen ·

Ons moet jou daardie vraag vra en wat gaan julle daaromtrent doen jy en jou vriende

jaco ·

Skrap die huidige mooi demokratiese grondwet wat se alle rasse in SA is gelyk, want dit werk anyway nie. Skryf n nuwe grondwet wat sê die blankes het minder regte as die res van die bevolking en omskryf ook daardie mindere regte. Maak seker die nuwe grondwet se presies watter tale gepraat mag word en watter nie, maak seker die nuwe grondwet sê waar die blankes mag werk en waar nie, waar hulle mag woon en waar nie, ens ens. Diskrimineer OPENLIK teen die blankes maar sê dit net duidelik. Dan weet ons waar ons staan en kan al hierdie gekla oor rassisme, diskriminasie, regstellende aksie finaal verby wees, asook allerhande mooi toesprake, preke en boeke van hoogheilige wit Afrikaners. En laastens, neem ook die blankes se stemreg weg.

Trolle ·

Hehe ek kon dit nie beter stel nie,en hulle moet onthou om te se watse kleur ons ons self mag verf.

Sus ·

Ek was vir ‘n vlietende oomblik lus om die boek te koop tot ek by ‘FW de Klerk stigting ‘ gekom het. Stem saam met Hendrik, Hein en Jaco. Onder huidige omstandighede het blankes geen toekomshoop in die nuwe SA nie. Die mense in beheer van ons gebrekkige onderwys, medies, landbou en al die ander toon geen daadwerklike lus om te verbeter nie. Dis net mooi toesprake en verder niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.