Boek: Wat sê die prokureur?

Wat-sê-die-Prokureur-highres.jpgIgna Klynsmith

Mense loop met allerlei regsvrae rond, maar is versigtig om te vra: “Wat sê die prokureur?” Goeie voorbeelde hiervan is:

  • Hoe kan ons egskeiding en onderhoud menslik hanteer?
  • Wat kan boere weet oor uitsettings en grensdrade?
  • Wanneer mag ek my vuurwapen gebruik?
  • Hoe maak ek seker van my boedel en testament?
  • Hoe beplan ons ʼn aftree-plekkie of deeltitel van ons eie?

Die afgelope 21 jaar lank bemagtig Igna Klynsmith luisteraars deur sy RSG-program Regsake met kundige raad en praktiese insig oor regsake wat elkeen raak. Na aanleiding van die groot reaksie op sy program het hy en sy spesialisgaste ’n bruikbare bundel saamgestel wat praktiese regsadvies bied. Dit bevat ’n keur uit regsake van algemene belang asook hofsake wat die wêreld laat regop sit het. Wat sê die prokureur? wil jou as leser bemagtig met deskundige advies sodat jy ingelig is en weet waar om hulp te kry. Igna bring jou selfs tot binne die hofsale waar opspraakwekkende sake afspeel: gifmoordenaresse, Nuremberg, Nelson Mandela en Rivonia, ’n hofsaak teen kewers … Dit is min dat ’n mens so ’n bundel teëkom waarin kenners saamspan om die Reg vir jou verstaanbaar te maak, maar sonder om tegniese kundigheid in te boet.

Oor die outeur:

Igna Klynsmith is landwyd bekend en gewild as radio­persoonlikheid en aanbieder van Regsake op Radiosondergrense (RSG). Hy is ’n regspraktisyn en voormalige president van die Prokureurs-orde van die Noordelike Provinsies. Igna het ook waargeneem as Regter in die Hoë Hof en was lank lid van Noordwes Universiteit se Regsfakulteitraad, terwyl hy ook as buitengewone Professor in die Reg onderrig het. Hy praktiseer tans in Rustenburg, Noordwes, by die firma Van Velden-Duffey Ingelyf wat landwyd uiteenlopende professionele regsdienste lewer.

Uitgewer: Naledi
Prys: R129.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.