Boek: Wat word van ʼn mens as jy eenkeer alles vergeet het?

Connie Luyt

Toe Elfrieda ná ʼn lang koma wakker word, kan sy niks onthou nie. Angs pak haar toe sy in ’n Durbanse hospitaal besef sy kan níks van haar verlede onthou ná sy voor ’n motor ingehardloop het nie.

’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring ’n die herinnering van ’n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit.

Maar die onthou bring ook seer: Soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens ’n vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en verwerping daarna.

Elfie se pad na vergifnis en vrede verby die skok en ontsetting van onthou is lank.

Onderliggend aan haar verhaal loop nog ’n verbeeldingstog: Die grootliks onbekende storie van Mary Livingstone, wie se lewe skaars ’n fluistering in die geskiedenis was.

Connie Luyt se jongste roman, Waar onthou begin, ondersoek die rol wat ’n mens se geheue en herinneringe speel.

Oor die skrywer

Luyt is die skrywer van verskeie kortverhale en romans, onder meer Meer as een grens, Lang skaduwees oor Afrika en Reën oor die Serengeti, laasgenoemde twee is vir ’n ATKV-veertjie benoem en ook in Nederlands vertaal. Sy is in Malmesbury gebore en het tale en geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria studeer. Luyt woon in Pretoria.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by Penguin Random House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.