Boek: Watter kleur is jou persoonlikheid?

Watter kleur is jou persoonlikheid_voor.jpgLynette Beer

Nadat jy Watter kleur is jou persoonlikheid? Weet wie jý is en verstaan ander mense beter gelees het sal jy weet wat jou sterk eienskappe is wat jy kan laat geld, en wat die swakkes is waaraan jy moet werk. Boonop kan dit jou lewe vergemaklik want jy sal ander mense en hulle doen en late beter verstaan. Met dié boek kan jy jou eie persoonlikheidstipe bepaal en ook dié van ander. Vind uit waar jy in die reënboog inpas – rooi, geel, blou of groen!

Hoekom sien party mense die glas halfvol en ander nie? Dalk wonder jy waarom jou baas soms so ongeduldig en kort van draad is of waarom daardie kollega alles perfek wil doen.

Almal se persoonlikhede verskil. Watter een van hierdie is jy:

  • Gewilde Geel hou van aandag en is optimisties en gewild
  • Rasende Rooi smag na beheer en is ’n doener
  • Geruste Groen wil die vrede bewaar en is kalm en bedaard
  • Besliste Blou streef na perfeksie en raak gou pessimisties

Jy sal ander mense regtig verstaan en elkeen se eie kleur in jou lewe verwelkom.

Uitgewer: Carpe Diem Media
Prys:  R129*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.