Enkele jare gelede was Luuk Gruwez – een van die mees gelese digters in die Nederlandse taal – nog ʼn relatief onbekende naam vir die Afrikaanse poësieleser.
Die bekroonde digter en letterkundige Hennie van Coller se eerste versameling vertaalde Gruwez-gedigte, Bandelose gedigte (2007), het bygedra om dié skrywer ook aan die Suid-Afrikaanse gehoor bekend te stel. Die insluiting van drie van Van Coller se vertalings in André P Brink se Groot verseboek het boonop verseker dat Gruwez se werk nóg wyer gelees is.
In Weerbare weemoed sit Van Coller sy vertalings van Luuk Gruwez se gedigte uit sy jongste bundels Lagerwal (2008), Wijvenheide (2012), De eindelozen (2015) en Bakermat (2018) voort en bring nog nagenoeg 50 gedigte tuis in Afrikaans.
Prys: R180,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Kraal Uitgewers