Boek: Weerklink van ʼn wanklank

Pieter-Dirk Uys

“Dit is Pieter-Dirk Uys sonder die grimering! Sonder enige rekwisiete, vals wimpers of hoë hakke …”

In dié roerende memoir tree die mens agter die Suid-Afrikaanse ikoon vir die eerste keer te voorskyn. Pieter-Dirk Uys se openhartige vertelling sal jou soms in trane hê, net om jou dan weer te laat skaterlag. Hy het al memoirs publiseer, Elections & Erections (2002), oor Vigs, en Between the Devil and the Deep (2005), oor sy teaterloopbaan.

Maar hy het nog nooit só eerlik oor sy eie familie en sy kinderjare gepraat nie: Sy moeilike, musikaalgedrewe pa, sy briljante, geheimsinnige ma, sy suster, die pianiswonderkind, en Sannie Abader, wat die Uys-huishouding by “Sonskyn”, te Homesteadweg 10, Pinelands, regeer het en “Pietertjie” se tweede moeder was.

Dan is daar sy Paarlse ouma wat hom neem om by die Verwoerds te gaan kuier, Oma van Duitsland wat strudel bak, sy vriendskap met Sophia Loren, die geboorte van Evita Bezuidenhout, en die vreugdes en hartseer van sy merkwaardige lewe.

Oor die outeur

Pieter-Dirk Uys is ʼn SuidAfrikaanse legende. Hy het meer as 50 dramas en revues geskryf en opgevoer, hier en in die buiteland, waar hy ook groot aanhang geniet met vertonings wat uitverkoop in Londen en New York. In 2017 is ʼn vollengte film oor hom, Nobody’s Died Laughing, uitgereik, en in 2018 ontvang hy die Hertzogprys vir drama.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R280,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

My Mening ·

Ek weet daar is baie aanhangers van hom en dit is ook reg so, maar ek is al keelvol vir hom.
Dit is maar net my mening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.