Boek: Weermagstories

Weermagstories_COVER_v4

deur Roelf Schoeman

Ten spyte van die baie aandag wat dit op die sosiale media kry, duur die letsels van die Grensoorlog voort. Baie wit Suid-Afrikaanse mans word steeds geaffekteer. As jy hulle vra om te vertel wat met hulle in dié oorlog gebeur het, bly hulle ontwykend. In Roelf Schoeman se boek vertel hy die ware verhale van veterane. Hulle deel hul soms hoogs ontstellende ervarings en die nagevolge daarvan openhartig. Sedert die stigting van 61 Gemeganiseerde Bataljon se veterane organisasies is ʼn poging aangewend om sulke mense te help en die skryf van hul stories is deel hiervan.

In Weermagstories ondersoek Schoeman die psigologiese impak van oorlogstrauma, en gee hy riglyne aan oudstryders sowel as hul gesinne oor hoe om finaal vrede te maak met die oorlog. Hy wys op die belangrikheid van veilige, ondersteunende geloofsgemeenskappe en bied verdere hulpbronne vir diegene wat beter toegerus wil wees.
ʼn Noodsaaklike en tydige boek.

Oor die outeur:
Roelf Schoeman is tydens die Grensoorlog in die Caprivi en in Ovamboland ontplooi. Hierna gee hy onderwys en sluit later as ʼn permanente lid by die Suid-Afrikaanse weermag aan. Hy verwerf in 2007 sy MA in teologie met sy navorsing oor die trauma en posttraumatiese stres wat soldate ervaar. Hy is tans betrokke by die Sentrum vir Kontekstuele Bedienings by die Teologiese Fakulteit van die UP.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R150-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.