Boek: Weet jy wat is ʼn goorgomgaai?

Julia Donaldson

“’n Muis gaan stap deur die donker bos. ’n Vos sien die muis en hy dink aan kos.”

Vandat Die goorgomgaai die eerste keer 20 jaar gelede as The Gruffalo verskyn het, het dit wêreldwyd ʼn klassieke kinderboek geword. Meer as 13,5 miljoen eksemplare is wêreldwyd verkoop en dit is in 76 tale vertaal.

Stap saam met dié vindingryke muis deur die donker bos en ontdek wat gebeur wanneer hy ’n vos, ’n uil én ’n honger goorgomgaai raakloop….

Oor die skrywer

Julia Donaldson is een van die top-kinderboekskrywers ter wêreld. Sy was die Britse “Children’s Laureate” van 2011 tot 2013 en het al meer as 100 kinderboeke geskryf. Donaldson se boeke het verskeie pryse verower, onder meer die Red House Children’s Book Award en die Blue Peter Award. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm.

Oor die illustreerder

Axel Scheffler is ’n illustreerder van top- internasionale kinderboeke. Sy illustrasies is in meer as 30 lande gepubliseer en sy werk word wêreldwyd uitgestal. Hy is veral bekend vir The Gruffalo en Zog and the Flying Doctors. Hy woon in Londen, Engeland.

Ander titels van dié skrywer-en-illustreerder-paar wat in Afrikaans by Protea Boekhuis beskikbaar is, sluit in Superwurm (2014), Rower Rot (2014), Kris de Kat (2014), Tjokkie (2014), Zok (2014), Stokman (2014, 2016), Die Stories uit die eikehout (2016) en Amok op ’n besemstok (2018).

Oor die vertaler

Philip de Vos is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op televisie geskryf. De Vos is bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), sowel as die MER- (1996) en Alba Bouwer-pryse (1998). In 2004 het De Vos ’n IBBY-toekenning vir sy vertaling van Die spree met foete ontvang.

Genre: Prenteboek
Ouderdom: Twee tot agt jaar
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.