Boek: ‘Welkom by die museum – Planetarium’

Die heelal waarin planeet Aarde haar bevind is nog vol raaisels, maar in Planetarium word ’n paar van die ruimte se geheimenisse ontsluit. Lesers kry ’n kykie na die sonnestelsel, son, naghemel, sterrestelsels en die heelal. Ontdek fassinerende hemelliggame soos klein, ysige mane tot reuse, warrelende sterrestelsels. Wanneer jy deur hierdie museum in drukvorm blaai, gaan jy op ’n unieke interstellêre reis.

Planetarium is die derde titel in die gewilde Welkom by die museum-reeks en volg op Botanicum en Dinosourium. Dit is geskik vir kinders tussen nege en 14 jaar.

Oor die skrywer

Raman Prinja is ’n professor in astrofisika aan die Londen-universiteitskollege (UCL), waar hy spesialiseer in massiewe sterre, stervorming en die evolusie van sterrestelsels.

Oor die illustreerder en vertaler

Chris Wormell is ’n ervare illustreerder wat bekend is vir prenteboeke soos George and the Dragon.

Die boek is deur Burgert Behr vertaal.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R450,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.