Boek: Wenplan vir jou kind se lewe

Jannie putterdeur Jannie Putter

Ouerskap vandag is moeiliker as ooit tevore. Kinders staan onder druk wat voorheen ongehoord was. En die druk rus ook op ouers om hul kinders te lei en ondersteun.

Jannie Putter kyk in Wenplan vir jou kind se lewe in 13 hoofstukke na waardevolle temas soos “Wie is jy?”, “Hoe bou ek my kind se selfbeeld?”, en “Hoe tug ek my kind?” Hy gebruik grafiese voorstellings om sy teorie uit te lig en praat ook spesifiek met enkelouers oor die struikelblokke wat hulle moet hanteer.

Jannie wys ouers dat die sleutel daarin lê om die regte besluite in die hitte van die oomblik te neem. Daar is altyd twee opsies: die regte besluit wat dalk moeilik is of die verkeerde besluit wat dalk op daardie oomblik gemaklik en selfs prettig lyk, maar lei tot spyt.

Wenplan vir jou kind se lewe sal ouers bemoedig om die beste ouers moontlik vir hul kinders te wees.

Oor die outeur:
Jannie Putter het in Potchefstroom grootgeword. Hy het aan die Noordwes-Universiteit studeer en verwerf sy BA-graad in 1987, sy honneursgraad in Sielkunde in 1988 en sy honneursgraad in Sportwetenskap in 1989. Hy voltooi sy meestersgraad in Sportsielkunde in 1994. Hy het provinsiaal rugby gespeel en is ook genooi na die Springbok-proewe. Jannie is in 1994 met Tertia (’n biokinetikus) getroud en hulle het twee kinders. Jannie was van 2006 tot 2010 “mental coach” by die Blou Bulle. Later het hy ’n program ontwikkel oor mentorskap wat met groot sukses geïmplementeer is. Hy bied kursusse aan vir ouers, afrigters, sakelui en sportlui.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R119.95*
Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.