Boek: ‘Wêreld van wolwe: Tweede asem’ – Fanie Viljoen

Fanie Viljoen

Dis weird om te weet jy is ʼn weerwolf. Maar dis ook cool.

Joshua Reinders se lewe het ʼn wilde draai gegooi. Hy weet nou hy is ʼn weerwolf.

Maar dit bring ook ʼn nuwe probleem: Sy pa mag glad daarvan uitvind nie, want hy jag weerwolwe. Netnou skiet hy ook sy eie seun.

Joshua moet nou leer hoe om die weerwolftransformasie, sy “tweede asem”, te hanteer. Hy kan nie altyd vir volmaan wag voor hy in ʼn weerwolf verander nie. Nie met al die nuwe gevare wat in Droomhoek opduik nie. Soos Gio, sy vorige pel, wat nou saans op hulle huis se dak rondsluip. En die vreemdeling met die donker verlede wat in Droomhoek opdaag.

Bo dit alles pla ʼn groter vraag vir Joshua: hoekom is hy ʼn weerwolf? Die antwoord lê diep in die Droomwoud.

En Joshua moet dit daar gaan kry.

Oor die skrywer

Trefferboeke soos SlymKlouBetowerBravoLuluAksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Viljoen ʼn huishoudelike naam gemaak. Viljoen het in Welkom grootgeword. Hy het op skool reeds in kuns belang gestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook ʼn illustreerder en visuele kunstenaar. Van sy skilderye het ʼn tuiste in die VSA, Australië, Kanada en Brittanje gevind. Sy boeke Betower en Afkop was naaswenners in twee van Lapa Uitgewers se jeugromankompetisies, en hy het al ʼn rits ATKV-Woordveertjies verower. Fanie Viljoen woon tans in Bloemfontein en skryf heeltyds.

Prys: R200,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.