Boek: Wie is ek?

boek_Wie-is-Ek-highres.jpgLouis Awerbuck en Lise Swart

 Vir eeue worstel die mens al met die vraag: “Wie is ek?” In hierdie boek van Louis Awerbuck en Lise Swart word jy as leser op ’n verkenningstog van jouself, jou persoonlikheid en jou menswees geneem.

Die doel van hierdie boek, wat gebaseer is op Louis en Lise se RSG-radioprogram – Wie is ek? – met Louis en Lise, is om mense met kennis te bemagtig sodat hulle hulself en ander beter sal kan verstaan.

Die drie afdelings van die boek – ‘Wie is ek’, ‘Waarmee sukkel ek?’ en ‘Wat nou?’ is so gerangskik dat die leser stap-vir-stap self-ondersoek kan doen. Daar is vraelyste wat onder andere jou voorkeure en persoonlikheid toets, maar jou ook kan help om te bepaal of jy byvoorbeeld aan depressie ly.

Alhoewel hierdie boek nie as ’n plaasvervanger vir professionele psigoterapie dien nie, kan dit jou help om insig tot jou eie menswees en die mense om jou te kry. Die antieke Grieke het dit nie verniet gesê nie: “Ken jouself”

Die boek fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ’n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

“Die reaksie op die RSG-program Wie is ek? – met Louis en Lise wys vir ons dat daar ʼn baie groot behoefte is aan inligting oor en hulp met geestesgesondheidtoestande in Suid-Afrika. Na vele versoeke is daar nou ʼn boek wat jy op jou eie en in jou eie tyd kan raadpleeg vir hulp en verwysings.”  Magdaleen Krüger, stasiebestuurder van RSG.

Oor die outeurs:

Louis Awerbuck is ’n kliniese sielkundige wat sedert 1995 in privaat praktyk is. Hy is gespesialiseerd in psigoterapie met volwassenes en tieners, forensiese assessering en sportsielkunde. Lise Swart het bekendheid verwerf as TV-aanbieder en agtergrondsanger vir onder andere Anton Goosen. Sy is veral bekend as die aanbieder van die kosprogram Roer! (KykNet en SABC3) en die tydskrifprogram Kwêla (KykNet). Die groot nood aan geestesgesondheid in Suid-Afrika, het Louis en Lise geïnspireer om Wie is ek? – met Louis en Lise op RSG te begin om sodoende ’n verskil in mense se lewens te probeer maak.

Uitgewer: Naledi
Prys: R159.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.