Boek: Wie woon hier?

Einat Tsarfati

“Ek woon in ʼn gebou wat sewe verdiepings hoog is. Elke verdieping se deur lyk anders. Die eerste deur het baie slotte. Die gesin wat hier woon, is diewe. By die tweede deur is daar altyd baie modderspore. Dis waar die ou jagter en sy troeteltier woon . . .”

ʼn Fantastiese reis deur die verbeelding van ʼn meisie wat elkeen van haar bure probeer voorstel deur net te kyk hoe hul voordeur lyk. Elke bladsy is gevul met eindelose besonderhede en verrassings!

Oor die outeur

Einat Tsarfati is ʼn talentvolle Israeliese illustreerder wat met lof gegradeer het aan die Academy Arts and Design in Bezalel. Tsarfati het reeds verskeie boeke vir Israeliese uitgewers geïllustreer. Haar blog op Facebook is genaamd Things That Annoy Me.

Uitgewer: NB Uitgewers
Prys: R145,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.