John Fardell
Willem die Wreedaard is geweldig wreed. Hy ontvoer briljante uitvinders en dwing hulle om masjiene te bou waarmee hy sy duiwelswerk kan doen. Maar daar kom ’n dag waarop hy besef dat hy so wreed is dat niemand van hom hou nie. Sal Willem ’n nuwe blaadjie kan omslaan?
’n Snaakse storie vir wreedaarde en weldoeners van alle ouderdomme!
Oor die outeur en illustreerder
John Fardell is ’n skrywer, illustreerder en spotprenttekenaar. Sy avontuurverhale vir kinders sluit in: The 7 Professors of the Far North, The Flight of the Silver Turtle en The Secret of the Black Moon Moth. Fardell se spotprente het in verskeie publikasies verskyn, insluitend Viz, ’n strokiesboek vir volwassenes. Hy woon in Edinburgh saam met sy vrou en twee kinders.
Oor die vertaler
Shané Kleyn het ’n MA in Afrikaanse letterkunde (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en is sedert April 2010 as redakteur by Protea Boekhuis aangestel. Sedertdien het sy o.a. meer as 60 kinderboeke uit Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R125.00*
*Prys onderhewig aan verandering