Boek: Wiplala

Annie M.G. Schmidt

“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”

“Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”

“Maar jy móét kyk, Pappa,” sê Nella Della. Sy hou haar hand ʼn bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie.

Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so ʼn kleinigheid pla. “Is dit ʼn kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.”

ʼn Kabouter is dit nie, maar ʼn wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem ‘tinkel’. Die enigste probleem is dat Wiplala dit sóms regkry om te tinkel, en sóms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van ’n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!

Wiplala verskyn oorspronklik in 1957 in Nederlands. Dit is uit die pen van die bekende Nederlandse kinderboekskrywer Annie M.G. Schmidt. Die boek word in verskeie tale vertaal (onder meer Duits, Fins, Engels en selfs Japannees). In 2014 verskyn daar ook ’n film wat gebaseer is op die boek.

Oor die outeur

Annie M.G. Schmidt is in 1911 in Kapelle, Nederland, gebore. Sy het eers in ʼn biblioteek gewerk en daarna vir Het Parool, ʼn Amsterdamse koerant. Haar kinderboeke is wêreldwyd bekend. In 1988 het sy die hoogste internasionale toekenning vir kinderboekskrywers, die Hans Christian Andersenprys, gekry. Die beroemde Sweedse skryfster Astrid Lindgren het dit aan haar oorhandig. Annie M.G. Schmidt het op 21 Mei 1995, die nag ná haar vier-en-tagtigste verjaardag, gesterf.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*
*Prys onderhewig aan verandering 
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Saartjie ·

Is dit ‘n heruitgawe van die Afrikaanse vertaling wat ek as kind in die sestigerjare gelees het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.