Wilbur Smith
Vanjaar is die 50ste herdenking van Wilbur Smith se eerste roman, When the lion feeds. Die roman is steeds in druk en is wêreldwyd in meer as 20 tale gepubliseer. When the lion feeds is in Afrikaans beskikbaar as Witwatersrand.
Op ’n kontinent wat ongelooflike rykdom verberg, aanskou Sean Courtney en sy tweelingbroer, Garrick, die eerste lewenslig. Die sorgelose lewe op hul pa se plaas in Natal word egter wreed onderbreek wanneer geweld, begeerte en die noodlot Sean wegruk van alles wat bekend is.
Op die Witwatersrand, waar goud pas ontdek is, moet Sean sy pad oopveg na sukses. In die tog om sy fortuin te maak, bou hy ook ’n lewenslange vriendskap, konfronteer sy duiwels en baan sy weg na ’n belowende toekoms. Dan ruk verraad die mat onder sy voete uit en als waaroor hy gewerk het, word skielik van hom af weggeneem.
Maar wie nie waag nie, wen nie… In die wildernis wag ’n nuwe avontuur.
Niks kry hom onder nie – nie ’n verwoede aanval deur ’n olifantbul of die grusame sterftes wat hy moet aanskou nie – en steeds bly Sean droom van ’n gesin en ’n plaas van sy eie. Die dapper jong man wat alles met bloedsweet oorwin, besef egter weldra dat die verlede hom steeds in sy kloue beet het…
Oor die outeur:
Gedurende die laaste 50 jaar was Wilbur Smith by verre Suider Afrika se mees suksesvolle kommersiële skrywer. Wêreldwyd is daar reeds meer as 120 miljoen kopieë van sy romans verkoop. Heelwat van sy verhale fokus op die ontdekking van die suidelike gebiede van Afrika in die 16de en 17de eeu. Sy werk steun sterk op geskiedkundige feite en werp lig op die invloed van die Nederlandse en Britse setlaars in Suider Afrika, mense wat uiteindelik die diamant- en goud rykdomme, vir hulself opgeraap het.
Uitgewer: Adamastor
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Ek het gewoonlik Wilbur se boekie gelees op my grenskampe.Die dae toe ons die terroriste geveg het.
Die beste boek water hierdie jaar gelees het isGoeie More Mnr Mandela deur Zelda leGrange
Dit was interesant om hierdie ikoon te sien deur die oe van n Mede Afrikaans sprekende persoon wat op n stadium net soos Ek aan al die goed geglo het wat die regering ons opgedis het en ook ironies soos onshuidige regering ook doen
Ja, ek dink ook die boek oor Mandela is so fantasties!
Is jy ook nou ‘n antichristelik-humanistiese Mandela-aanbidder?!
Dagsê Cobus
Baie geluk! Jy wen die boek” Witwatersrand” deur Wilbur Smith in die Facebook-kompetisie. Stuur asseblief jou kontakbesonderhede en e-posadres aan [email protected].
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Donker Spoor van Martin Steyn – uitstekende boek!