Boek: Woestynwysheid

woestynwysheid

Ronell Bezuidenhout

Stilte, eenvoud en afsondering … Wêreldwyd is daar ’n hernude belangstelling in die ou geloofstradisies en ’n soeke na innerlike verdieping en heelheid.

Bekende berader en predikant Ds Ronell Bezuidenhout se nuwe boek gee praktiese raad vir besige mense in vandag se wêreld. Dié boek is vir jou as jy meer wil put uit jou verhouding met God soek na innerlike vrede en ’n lewe gevul met vreugde aanvoel dat daar ’n groter realiteit is as die alledaagse materie wat ons om ons sien ’n behoefte het om God beter en dieper te leer ken.

Woestynwysheid stel jou voor aan mense van die vroegste eeue wat dieselfde behoeftes gehad het – en verduidelik hoe hul insigte op vandag se lewe van toespassing gemaak kan word. Geskryf vir die post-kerklike Christen op soek na iets méér.

Koop aanlyn by BybelMedia.org.za (gratis versending)

Oor die outeur:
Ronell Bezuidenhout is ʼn predikant van die Fontainebleau Gemeenskapskerk. Sy is ook ʼn bekende in kerklike kringe, veral as gasprediker in gemeentes en aanbieder van werkswinkels en wegbreeknaweke. Ronell bied landswyd retreats aan wat veral fokus op die inoefening van ou geloofs- en lewensgewoontes wat besige stadsmense nuut oor hul lewens laat nadink. Sy het bygedra tot die Leefstylbybel vir vroue en God gee die môrester. Sy was die outeur van Was my lewe maar ʼn somervakansie (dagstukkieboek vir tienerdogters).

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R175-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.