Boek: Woordeboek vir die beeldende kunste

Kunswoordeboek/Arts Dictionary het ontstaan uit ʼn dringende behoefte in die kunsgemeenskap aan ʼn eietydse woordeboek vir die beeldende kunste.

In antwoord hierop het die kommissie ʼn werkkomitee gestig om aan die projek te begin werk. Die komitee bestaan uit proff. Alex Duffey (projekleier), Estelle Mare, Margaret Slabbert; drs. Albert Werth en Mariëtta Alberts, asook Samuel Pauw, Eric Dünkelman, Niek Coetzee, Balthi du Plessis, Rina de Villiers, Dirkie Offringa, Esmé Kruger, Valerie Bester en Susan Roets.

ʼn Verteenwoordigende groep vakspesialiste en -deskundiges is genader om terminologielyste uit hul onderskeie velde by te dra, byvoorbeeld: estetika; argitektuur; kunsgeskiedenis, -metodologie, -onderrig en -praktyk; kunsweefwerk, keramiek, grafiese ontwerp, rekenaargrafika, televisiegrafika, animasie, industriële en inligtingsontwerp, museumkunde, fotografie, drukwerk, litografie en pottebakkerskuns.

Kunswoordeboek/Arts Dictionary is deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns geïnisieer en is nodig vir die diskoersgemeenskap van die kunste. Die verwagting is dat onderwysers, leerders, lektore en studente van kuns dit nuttig sal vind.

Prys: R495,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by
Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.