Boek: Wo(o)rdslim (deel twee)

Jaco Jacobs

Word speel-speel woordslim met dié fantastiese nuwe aktiwiteitsboek!

Ná die sukses van Wo(o)rdslim is hier nóg een! Die tweede boek het baie bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat vir ure se vermaak sal sorg.

Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak.

Aktiwiteite in hierdie boek sluit in:

  • blokraaisels wat saamgestel is rondom ’n verskeidenheid temas
  • woordsoekblokke
  • spelspeletjies
  • letterblokke
  • kriptogramme en ander briljante breinboelies.

Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult, is dié bekostigbare aktiwiteitsboek die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp.

Volledige oplossings is agter in die boek.

Genre: Niefiksie
Ouderdom: Nege en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R90,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.