Boek: Wrok

Beyers de Vos

Pretoria – Vyf mense, vyf dele van die stad. Die tweeling, Ben en Freya, is weeskinders en Freya glo dat hulle alles met mekaar deel. Ben word vermoor en Freya besef hy het geheime van sy eie gehad. Mnr. Oktober is ʼn wewenaar-pa, ʼn rugby-afrigter by die hoërskool en ʼn passievolle Christen.

Hy het egter ʼn donker verlede wat hom net nie met rus wil laat nie. Die selfsnydende dwelmhandelaar, Slick, het tydens sy gewelddadige mentorskap by Mama Africa geleer dat vergelding en mag hand-aan-hand gaan. En die hardwerkende Nolwazi, ʼn inspekteur by die Brooklyn-polisiekantoor, se ondersoek word deur ʼn oorwerkte sisteem en korrupte kollegas ondermyn. Hoekom is Ben dood? Wie het hom vermoor? Sal geregtigheid seëvier? En is vergelding die antwoord?

Oor die outeur

Beyers de Vos is ʼn skrywer, redakteur en joernalis wat in Kaapstad woon en werk. Hy was prosaredakteur vir die literêre joernaal New Contrast, en het ʼn meestersgraad behaal in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad. Wrok (Talion in Engels) is sy eerste roman.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.