Boek: Ystervuis uit die see

Ystervuis uit die seeArné Söderlund & Douw Steyn

Gedurende die Grensoorlog het die Spesiale Magte se 4 Verkenningsregiment tientalle klandestiene seewaartse operasies saam met die SA Vloot uitgevoer.

Van Cabinda in Angola tot Dar es Salaam in Tanzanië het hulle strategiese teikens soos oliedepots, vervoerinfrastruktuur en selfs Russiese skepe aangeval. Die bestaan van 4 Recce is grootliks geheim gehou, ook in die SAW.

Ystervuis uit die see beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Daaronder tel Operasie Kerslig (1981), waartydens ’n operateur dood en ander beseer is in ’n aanval op ’n olieraffinadery in Luanda, en Operasie Argon (1985) toe kaptein Wynand du Toit in Angola gevange geneem is.

Die skrywers, wat self aan etlike van die operasies deelgeneem het, het ook toegang gekry tot uiters geheime dokumente wat intussen gedeklassifiseer is. Hul dramatiese vertellings wys hoe veelsydig en doeltreffend hierdie elite-eenheid was.

Die omvattende boek is ’n moet vir enigeen met ’n belangstelling in die Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, die adrenalien en vrees van seewaartse operasies.

Uitgewer: Delta Boeke
Prys: R295,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Niel ·

sjoe, dit lyk na ‘n lekker leesboek! Sal net bietjie my geldjies spaar en dan aankoop. :)

Daan ·

En vr wie het hulle nou eintlik al di operasies gedoen? Lyk na niks en geen vr DIE! volk ni! want hier is darem maar nou ‘n groot gemors innie land. Hulle is almal min of meer tussen 55 en 65 vandag, en bruikloos, en wat eens ‘n powerfull en oorlogs gerespekteerde was, wanneer ons met mekaar praat spog die een meer as die ander een oor sy army dae, EN DIS AL! Het ystervuis of ek enige iets aan ons jong manne oorgedra wat ons nou nodig het? Nee, maar eerder aan di anderkant wat vermoedeliknou innie plaasmoorde gebruik word, ek skaam my eerder, want, soveel belasting geld, jong lewens en 2 jr van my lewe verloor, huwelike, kinders ens verniel. Vr wat? net dat dit vir wat ons sogenaamd probeer keer het, en teen geveg het, MY VANDAG TE REGEER EN UIT TE MOOR!!! Maar HULLE wat huLLe en dalk huLLe ook, wat ons en ystervuis bestuur het, het geweet, en daai klomp is tussen 65 en al dood, en was van jonks af al bruikloos, VERAAIERS. Ons is laat glo ons veg vir ons land, intussen belieg en bedrieg, hulle was eerder met …*…*… Planne en werke vir ANDER besig gewees, nie vir ons nie! wil dit vandag vir my lyk. Ja en aan die anerkant, soos Piet Retief en die laer, sal en gaan die volk weer gesif word, en dit weer agv. die verskil IN DIE REGSTAND voor die almagtig … GOD VAN ISRAEL.

CG ·

Amper deur die boek. Baie, baie, BAIE indrukwekkend wat hierdie manne gedoen het!!! Die boek is ook goed geskryf en ‘n plesier om te lees. Saluut!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.