Boek: Zackie Mostert – Omnibus 1

Jaco Jacobs

LAPA bied nou vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Ons het die boekies eers individueel uitgegee en hulle het ontsettend goed verkoop. Deur hulle in een te bundel, kan ons die prys drasties afbring.

Hoekom? Want, Granaatstraat is ʼn straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad!

Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture. Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ʼn superheld te word of ʼn plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad.

Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry.

Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!

Vir die heel eerste keer verskyn vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

  1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie
  2. Zackie Mostert en die (Byna) Baie Briljante Idee
  3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen
  4. Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar
  5. Zackie Mostert en die spokerige storie

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.