Boek: Zephany

Joanne Jowell

“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.”

Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid.

’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie.

Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

Oor die outeur
Joanne Jowell is ‘n professionele skrywer sedert die ouderdom van 28. Sy het ‘n akademiese agtergrond in Engels en Sielkunde. Haar eerste boek, Managing the Quarterlife Crisis: Facing life’s choices in your 20s and 30s, is in 2003 gepubliseer. Zephany is haar sesde boek. Joanne woon saam met haar man en drie kinders in Kaapstad.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R260-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

CJ ·

Soveel trauma, soveel emosies … laat my op n vreemde manier aan Koning Salomo en sy wysheid met die 2 vroue en 1 kind dink. En die verloorder is … ???

Essa ·

Ek glo dit was nodig vir hierdie jong vrou om haar storie te vertel; om haar twee identiteite met mekaar versoen te kry – die een hoe sy haarself geken het en die een hoe die publiek haar geken het. Nou kan sy net haarself wees – geen geheime meer nie. Sal graag die boek lees. Sterkte met jou pad vorentoe Michè.

Trys ·

“Om lief te hê en geliefd te wees asof die voorreg haar eie ouers nie ook toegekom het nie. Dit was hulle oo die wreedsta manier ontneem.

Nico K ·

Dis waar dat haar ouers leed aangedoen is, maar dit was nie die kind se skuld nie. Die ma wat sy ken en liefgehad het is nou van haar verwyder.

Lindtjies ·

Zephany, ek wil jou graag vra om nie jou biologiese ouers te verwerp nie. Dit was per slot van sake nie hulle skuld dat jy ontvoer is nie. Kan jy jouself indink waardeer hulle moes gaan. Hulle was gebroke en baie getraumatiseer. Jy het self nou twee klein kindertjies en kan jy jouself in hulle skoene sien. Gee hulle die geleentheid om ‘n band met jou te bou. Bloed is dikker as water. Wat jou grootmaak ma gedoen het was nie reg nie maar ek verstaan ook jou liefde vir haar. Sy was die enigste ma wat jy geken het. Sy het darem een goeie ding gedoen en dit was om jou met liefde groot te maak. Niemand verwag van jou om van jou grootmaak ouers af te sien nie. Jy kan betrokke wees by albei gesinne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.