Boek: ‘Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin’

Julio Agrella 

In Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin word Zeus se buurman, Atif Dinali, se tienerdogter Tahina vermis. Zeus vermoed dat mensehandel en prostitusieringe iets met haar verdwyning te doen het. Sy ondersoek lei hom na die verleidelike Wildene du Bois, ʼn courtisane wat eens op ʼn tyd betrokke was by ʼn mensehandelsindikaat. Zeus besef egter gou dat hierdie saak maar net een tentakel van ʼn groter monster is.

Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin is die tweede boek in Julio Agrella se Zeus van Wyngaardt-reeks en dit volg op Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag (2021). Die boeke word deur Protea Boekhuis uitgegee.

Volgens die uitgewer is Agrella se werk toeganklik en ʼn wye verskeidenheid lesers sal hierby aanklank vind. Dit is veral geskik vir lesers van goeie populêre literatuur, soos misdaadfiksie, en lesers van meer ernstige literêre werke.

Oor die skrywer

Agrella is in Springs gebore en het daar en in Brakpan grootgeword. Ná dekades in veral die Engelse korporatiewe wêreld tree hy op 50 af. Agrella lei ʼn semi-kluisenaarslewe saam met sy vrou, honde en katte op ʼn piepklein plasie by Dieprivier in die Outeniekwa.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R320,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.