Boek: Zinzi en Saffraan-reeks

Asia Citro

Hierdie unieke reeks boeke prikkel jong meisies se belangstelling in die wetenskap deur opwindende verhale oor magiese diere, monsters, avonture en raaisels te vermeng met interessante feite en wetenskaplike eksperimente.

Zinzi is die speurder en wetenskaplike. In haar avonture word sy bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan.

Drake en malvalekkers

In die eerste boek van dié reeks ontdek Zinzi ʼn gloeiende foto en leer sodoende ʼn groot geheim. Magiese diertjies, wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp. Een van hulle is ʼn baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help?

Monsters en muf

Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is ʼn veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, ʼn bosmonster, hulp nodig. Gorp kry ʼn bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinzi en Saffraan se hande is vol met ʼn huilende monster terwyl hulle ook aan ʼn goeie oplossing vir sy probleem probeer dink.

Meerperdjies en borrels

In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies van die stroom in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan ʼn plan dink om die stroom, en die diere wat daarin woon, te help.

Katjievlinders en ys

ʼn Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van ʼn katjievlinder te red, maar begaan ʼn fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.

Paddas en plante

In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan ʼn besoeker, Pip, wat ʼn gloeiende saadjie het. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is.

Towerponies en kieme

In die sesde boek van die reeks is daar ʼn aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Is dit eerder ʼn towerponie-bewing? ʼn Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig ʼn genesing bedink vir hierdie magiese vriend.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R135,00 elk*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.