Boekbekendstelling: Mamma het ʼn breek nodig

Mamma het n breek nodigSusan Coetzer

“Ma, ek kry nie my skoene nie!”
“Ma, my taak moet môre klaar wees!”
“Ma-a-a!”

Kinders verwag Ma moet oral wees en alles kan doen. Al wat Ma wil hê, is ʼn break om haar skoene uit te skop en haar take vir eers opsy te skuif.

In Mamma het ʼn breek nodig maak Susan Coetzer vensters oop op ʼn ma se wêreld. Sy praat op pittige wyse oor tye soos wanneer haar enigste kuiken saam met sy pêlle oorsee gaan vakansie hou en die lewenslesse wat sy by ʼn vyfjarige dogtertjie kon leer.

Hierdie vertellings sal jou laat glimlag en soms ook ʼn traan laat wegpink. Dit sal jou inspireer om telkens ná ʼn wegbreek weer die lewe aan te durf, want deur alles loop die goue draad van die wete dat haar Hemelse Ouer real en teenwoordig is, of sy nou die langpad alleen moet aanpak of geestelik moet bungee-jump.

Sy verseker jou dat dit nodig, eintlik noodsaaklik, is, om soms net mooi te kyk en party dae net te pronk.

Koop nou Mamma het ʼn breek nodig by voelgoedwinkel.co.za en spaar 50%. 

Uitgegee deur: Carpe Diem Media

Gaan luister gerus na Susan Coetzer se onderhoud met Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.