Boekbekendstelling: Treurgrond

Treurgrond is Woensdag 24 Augustus 2011 in Pretoria bekend gestel. Die skokboek bring hulde aan slagoffers van plaasaanvalle in Suid-Afrika. Die boek is deur dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, en genl. maj. Chris van Zyl van die Transvaalse Landbou-Unie (TLU SA). Dit vertel die verhaal van 1 363 moorde wat tydens 2 617 aanvalle op plase en kleinhoewes gepleeg oor die afgelope 20 jaar gepleeg is. Die boek het ʼn ouderdomsbeperking van 18.

Verskeie slagoffers het hul hartroerende stories tydens die bekendstelling vertel. Madeleine van den Berg het vertel hoe sy en haar man in Julie 2009 op hulle kleinhoewe buite Cullinan aangeval is. Sy is in ʼn kas toegesluit en haar man Piet is in die aanval doodgeskiet. Hulle huis is ook aan die brand gesteek. Hulle verhaal is as geval 2 447 in Treurgrond opgeteken.

Wilhelm Rochèr het vertel hoe sy broer Boet in Januarie 1995 op 71-jarige ouderdom op sy plaas Brakfontein naby Swartruggens vermoor is. Die aanval op Boet en sy vrou Susan is opgeteken as geval 483.

Hermann se oom, Frik Hermann, is in Februarie vanjaar wreed op sy plaas vermoor. “Ek gaan nie toelaat dat Oom Frik bloot deel van statistiek word nie. Ek wil ʼn monument bou vir Oom Frik en ander mense wat so wreed op plase vermoor is en ek doen dit deur ʼn boek. Ons het te lank stilgebly.”

“Ons wil ook deur die boek saam met die families treur. Ons wil dink aan diegene wat so wreed vermoor is en vir dié wat agterbly sê: Ons gee om. Ons wil aan die plaasgemeenskap sê: Suid-Afrika dink aan julle. Ons wil egter ook sê daar is te min wat saam treur. Daar is talle wat koud staan teenoor die trane. Deur die boek wil ons vir almal in Suid-Afrika vra: Treur saam!” sê Hermann.

Hermann beklemtoon dat die boek skok, maar reken dat dít juis die doel van Treurgrond is. “Omdat ons nie die volle prent van plaasmoorde in Suid-Afrika het nie, is die debat daaroor nie volledig nie,” verduidelik hy.

Vir meer inligting oor die boek klik hier.

Klik hier om na foto’s van die geleentheid te kyk.

ʼn Video uittreksel van Treurgrond se bekendstelling:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Juli ·

Wonderlike gedagte! Het self my man en broer en ook my oom in plaas aanvalle verloor! Dankie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.