Boekbekendstelling: Wat sê jy?

 Wat-se-jy_voor_2.jpgLiesel Krause-Wiid

Jou hele lewe is gevul met woorde. Woorde wat jy hoor, lees, skryf en praat. Party woorde laat jou blom en ander kan jou lelik kwets.

Jou tong kan heel maak óf seer maak

Een nare opmerking op Facebook laat ’n skinderstorie posvat wat iemand kan knak. Aan die ander kant wys die woorde diep uit jou hart hoeveel jy régtig omgee. Dis soos kunsmis wat jou geliefdes laat groei en hulle harte laat sing – ’n pleister vir die seer.

God het geskep deur woorde: “Laat daar … wees” – en dit het gebeur. Jou woorde kan nie iets uit niks skep nie, maar dit het beslis die krag om:

  • jou man weer in homself te laat glo
  • jou kind se drome vlerke te gee
  • jou vriendin se dag te maak
  • ’n verlore siel by die Vader uit te kry
  • die land ’n beter plek te maak, vir almal.

Onder leiding van Liesel Krause-Wiid, is 40 vrouedominees gevra om elkeen ’n Bybelvers te kies en te skryf oor die impak van jou woorde. Nadat jy hierdie boek gelees het, sal jy beslis twee keer dink voor jy praat!paar 50% as jy nou Wat sê jy? by die voelgoedwinkel koop. Gebruik die afslagkode MMWSJ.  Die spesiale aanbod is geldig tot 31 Mei 2016.

Uitgegee deur:  Carpe Diem Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.