Boeke: ‘Obelix en Kie.’ (23), ‘Asterix in België’ (24)

René Goscinny

Strokiesprentliefhebbers kan nou die 23ste en 24ste uitgawes in die Asterix-reeks by hul versameling voeg:

Obelix en Kie.
Julius Caesar stuur Caius Ferregaandus, ’n slim MBA-mannetjie, om die Galliërs besig te hou deur hulle voor te stel aan die sakewêreld. Obelix val pens en pootjies vir die idee en word ’n grootmeneer in die menhirbedryf, maar sal sy welvaart geluk bring? En wat gebeur wanneer die vraag die aanbod oorskry?

Obelix & Kie. is die 23ste boek in die gewilde Asterix-reeks en word deur Protea Boekhuis uitgegee. Klik hier om dit aanlyn te koop.

Asterix in België
Wie is die dapperste: die Belgiese stam of die Galliërs? Die Galliërs en die Belge hou ’n kompetisie om te kyk wie die meeste Romeinse vestingkampe kan verwoes. Wanneer die uitslag gelykop is, vra hulle vir Julius Caesar om die beoordelaar te wees. Caesar is woedend en onderneem om hulle te vermorsel …

Asterix in België is die 24ste boek in die gewilde Asterix-reeks. Lesers kan dit aanlyn by Protea Boekhuis koop.

Oor die vertaler

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosch gestudeer en beskik oor ’n meestersgraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die Asterix-reeks by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.