BoekeJol- en Filmrolfees: Vrolike oggend vir vroue

 sophia-kapp-januarie-2016-oorlewingsgids-Medium.jpg

Sophia Kapp (foto verskaf)

[promosie-artikel]

ʼn Vrolike vrouefees lei vanjaar se tweede BoekeJol- en Filmrolfees in.

Sophia Kapp, skrywer van Oorlewingsgids vir ʼn bedonnerde diva, gaan as gasspreker by Union Caterers  (Utopia) optree.

Vroue kan verwag om ʼn heerlike ontbyt te geniet terwyl daar ingekleur, opgedollie, gesing en gelees word. Die tema vir die oggend se kleredrag is ook “die diva in jou”. Utopia  se Johan Schneider is bekend vir sy smullekker kos en Kevin Leo sal sy musikale klanke daarby voeg vir groot genot.

Fearika Heyns is ʼn bekende kunstenaar van Pretoria en sy gaan haar splinternuwe inkleurboek vir grootmense ten toon stel en vir die gaste meer vertel van die voordele van inkleur. “Soms is dit belangrik dat vroue daardie spesiale ek-tyd afknyp en dit met kleur vul.

Sonja Janse van Rensburg, eienaar van Graffiti Boeke in Lynnwood Bridge, sal ʼn verskeidenheid boeke ten toon stel wat enige leser se tone laat krul. Die winter kruip nader en ʼn goeie boek laat enige hart warmer klop en enige koppie koffie nog beter smaak.

Dia van Staden, direkteur van die BoekeJol- en FilmRolfees, sal die program vir 2016 aan die gehoor bekendstel.

Wanneer en waar:

Kevin-Leo

Kevin Leo (foto verskaf)

Die geleentheid vind plaas Saterdag 18 Junie om 08:30 te Utopia Place (Union Caterers),  Curalaan 840, Equestria, Pretoria.

Kaartjies vir die oggend is beskikbaar teen R220 per persoon of R2 000 per tafel van tien mense. Bespreek kaartjies deur Yolandé Steyn by 082 774 7367. Rig navrae aan Dia van Staden by [email protected].

Besoek gerus die BoekeJol- en FilmRolfees se Facebookblad en word deel van die opwinding. Boekejol- en Filmrolfees vind plaas van 17 tot 21 Augustus by Lynnwood Bridge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.