BoekeJol-fees se bekendstelling gevier met Deon Meyer se jongste boek

Deon-Meyer

Deon Meyer. Foto: Deonmeyer.com

Pretoria spog binnekort met die eerste BoekeJol-fees wat einde Augustus in die hoofstad plaasvind. Die fokus van dié fees is die skryfwerk van Afrikaanse skrywers en rolprentmakers.

Die bekendstelling van die fees word gevier met ʼn Woord-en-musiek-aand in die Atterbury-teater op Donderdag 26 Maart om 19:00. Elna van der Merwe gesels met Deon Meyer oor sy nuwe roman, Ikarus.

Nic de Jager, die man wat die voorlesing van Ikarus se oudioboek gedoen het, kuier ook saam terwyl die musikante Jaconell Mouton en Mauritz Lotz die gehoor met bekende temaliedjies uit rolprente vermaak.

Daar is nog kaartjies beskikbaar vir dié vertoning waar woord en musiek mekaar ontmoet. Besoek Computicket om kaartjies te bespreek of stuur ʼn e-pos na [email protected] vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.