Boekresensie: Sizwe spring

Sizwe spring is geskryf en geïllustreer deur Gaia Cornwall en word uitgegee deur Lapa Uitgewers.

Hierdie sagteband lekkerleesboek van 32 bladsye vertel die storie van ’n dapper seuntjie wat baie graag vir die eerste keer van die duikplank af wil spring. Sizwe het swemlesse gehad en hy het ook sy swemtoets geslaag. Al uitdaging wat nou oorbly, is om van die hoë duikplank af te spring soos al die ander kinders doen. Dit lyk immers baie maklik.

Sizwe vertel vir sy pa van sy voorneme en dié moedig hom aan. Maar o wee, al wil mens ook hóé graag iets nuuts probeer, verg dit soms leeuemoed! Gelukkig is Sizwe se pa baie geduldig en gee hy vir Sizwe goeie raad oor hoe om sy vrese te bowe te kom. Sizwe pas sy pa se raad toe en kort voor lank staan hy op die hoë duikplank en krul sy tone om die rand. Gaan Sizwe spring, of nie?

Lesers van drie jaar en ouer sal baie van hierdie oulike prenteboek hou. Cornwall vertel die storie in maklik verstaanbare taal wat pas by ’n kleuter se leefwêreld. Haar pragtige illustrasies in sagte pastelkleure komplimenteer die teks. Die mooi verhouding tussen Sizwe en sy pa is opmerklik. Sizwe se pa weet dis belangrik dat die klein seuntjie sélf moet besluit wanneer hy gereed is om van die duikplank af te spring. Hy ondersteun vir Sizwe en laat hom nie sleg voel omdat hy aanvanklik huiwerig is om die groot sprong te waag nie.

Meer oor die skrywer: Gaia Cornwall woon in Rhode Island, VSA. Sizwe spring is haar heel eerste prenteboek. Haar werk verskyn ook in rolprente, tydskrifte en op die internet.

Sizwe spring is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar.
Koop die boek by Graffiti Boeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JAN ·

Die liewe tannie kan gerus vir ons die Zulu legende van die Wreckies brigade van Paramount Chief Mpata Pata vertel.
Hy is die hoof van spes magte Ntonto we Sizwe in die SA renaisaans offensief.

JAN ·

Vertel of vra vir ou Zulutannie of oom wat dit beteken .
Geniet dan haar skaterlag….
Die googleloer vertaler is geheel verkeerd….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.