Boekvoorlesing: 2048

Die storie begin in die suide van Gauteng met ʼn groep geharde Watersoldate, wat ook vriende is. Hulle is op pad van Jo’burg na Oudtshoorn. Soos gewoonlik moet hulle die damme en riviere van die Bitterlande patrolleer, maar op dié spesifieke patrollie moet die soldate ook twee wetenskaplikes met verskuilde agendas chaperone. Dan is daar boonop die suurreën, tornado’s en oorgrootte leeus … en die Russe.

Petra, die hoofkarakter in Réney Warrington se tweede boek, Smit Motors, is ʼn Johannesburgse skrywer wat sukkel om die manuskrip van 2048 klaar te maak.

Surprise, surprise! 2048 is ʼn boek in wording! En Lapa Uitgewers is behoorlik op my spoor oor dié ding,” bevestig Warrington.

2048 verskil soos dag en nag van haar vorige romans, Oktober en Smit Motors. Dit is distopies van aard, met ʼn tikkie wetenskapsfiksie én humor tussenin.

Distopiese literatuur is ʼn fiksiegenre wat maatskaplike en politieke strukture in ʼn donker nagmerriewêreld verken.

Oor die skrywer

Warrington is ʼn Suid-Afrikaanse skrywer, filmresensent, kunstenaar en kurator. Sy bly al amper 20 jaar in Johannesburg. Omdat haar pa ʼn bankbestuurder was, het sy wel in klein dorpies grootgeword en só ʼn voorliefde vir die platteland ontwikkel.

Sy het twee solo- fotografiese uitstallings gehad en aan talle groepuitstallings deelgeneem. Warrington resenseer films vir LitNet en was drie jaar agtereenvolgens ʼn beoordelaar by die gesogte kykNET Silwerskermfees. As galerykurator het sy voorheen saam met Roger Ballen, Jodi Bieber, Obie Oberholzer en Hannelie Coetzee gewerk.

Smit Motors is haar tweede roman. Warrington werk tans aan ʼn derde roman wat oor die uitwerking van aardverwarming, spesifiek op Suid-Afrika, handel. Dit is ʼn behoorlike “skop, skiet en donder”-verhaal.

Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit die manuskrip van 2048 deur Réney Warrington.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.