Boekvoorlesing: Aksieheld Austin: Onheil op Skedelbaai

Ligte, kamera, aksie!

Ewald het geen bang haar op sy kop nie – veral omdat hy deesdae die ster van die supergewilde Aksieheld Austin-rolprente is!

Die derde fliek, Onheil op skedelbaai, word op ʼn geheimsinnige eiland verfilm en dadelik begin dinge skeefloop.

Die vliegtuig beland amper in ʼn ongeluk, iemand probeer Ewald met ʼn mes steek toe hy afswem na die skeepswrak, Sonia Blom word amper van die lighuis se trappe afgegooi – en daar is ʼn reusehaai wat in die baai rondswem. Dan is daar nog Melita – die geheimsinnige meisie wat glo die eiland is vervloek. Sy waarsku dadelik vir Ewald en Cardo dat mense wat te veel weet van wat op die eiland aangaan, sterf.

Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!

Oor die skrywer

Trefferboeke soos Slym, Klou, Betower, Bravo, Lulu, Aksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Viljoen ʼn huishoudelike naam gemaak. Viljoen het in Welkom grootgeword. Hy het op skool reeds in kuns belang gestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook ʼn illustreerder en visuele kunstenaar. Van sy skilderye het ʼn tuiste in Amerika, Australië, Kanada en Brittanje gevind. Sy boeke Betower en Afkop was naaswenners in twee van Lapa Uitgewers se jeugromankompetisies, en hy het al ʼn rits ATKV-Woordveertjies verower. Fanie Viljoen woon tans in Bloemfontein en skryf voltyds.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit die boek Aksieheld Austin: Onheil op Skedelbaai deur Fanie Viljoen. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Genre: Kinderfiksie
Ouderdom: Nege en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R145,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.