Boekvoorlesing: Anzil Kulsen lees voor uit ‘Reënboogmelodie’

Anzil Kulsen

Diané sukkel van jongs af met ’n eetversteuring. Tot sy Robert ontmoet, ’n aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is en met wie se steun sy weer kans sien vir die lewe. Robert het haar nog altyd lief gehad en onderskraag, maar nou duik ernstige vrae op: Wie is die vrou wat sê Robert is die pa van haar kind? Het Robert ʼn verlede waarvan Diané niks weet nie? Hoekom sal Robert haar nou in die steek laat? Diané wil haar outistiese seuntjie ook ten alle koste help. Of is sy juis die oorsaak van haar kind se probleme?

Wanneer Diané uitvind wat werklik aan die gang is, kom sy voor groot besluite te staan.

Met Reënboogmelodie delf die gewilde skrywer Anzil Kulsen diep in ʼn komplekse moderne huweliksverhouding. Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal?

Oor die skrywer

Anzil Kulsen is op Upington gebore en het in Keimoes grootgeword. Sy het ʼn honneursgraad in letterkunde en het vir ʼn ruk by die ATKV as projekbestuurder gewerk, waar sy veral in die Noord-Kaap aktief was. Kulsen het afgeleë gemeenskappe besoek om met mense oor boeke te gesels, bied ook kreatiewe skryfkursusse aan en doen spel- en narratiewe terapie. Kulsen is getroud met Heine, hulle het twee kinders en woon op Upington.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit die boek Reënboogmelodieëdeur Anzil Kulsen. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.