Deon Lamprecht lees voor uit ‘Die Brug’

Deon Lamprecht

In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.

In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.

Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting – en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.

Oor die skrywer

Deon Lamprecht is ’n senior nuusjoernalis en bekroonde artikelskrywer. Hy debuteer met Tannie Pompie se Oorlog (2015) wat ’n topverkoper word.

In sy loopbaan by The Pretoria News, Beeld en Rapport het hy oor feitlik elke onderwerp geskryf, van misdaad en die omgewing tot die Bosoorlog en politiek. Hy was nasionale nuusredakteur van Beeld, stigterredakteur van Media24 se Afrika-kantoor en ook drie jaar lank Media24 se nuusverteenwoordiger in Washington, DC.

Hy is tans ’n herskrywer by Huisgenoot.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit Die Brug deur Deon Lamprecht. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Genre: Militêre geskiedenis
Uitgewer: Delta Boeke
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by Jonathan Ball Publishers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Strandloper ·

Dit voel soos gister wat ons met trots en heldemoed ons God en Vaderland verdedig het teenoor dit wat ons nou regeer.

Ek onthou die angswekende geskree van n “rooioog”, ek onthou die angs om n loopgraaf met jou hande en voete te grawe…ek onthou my gesneuwelde makers…

Eks nog steeds half “bossies” en skrik vir alles….alles was verniet…

Strandloper ·

Ek onthou van die byname van my makers, hul name het met tyd soos mis voor die son verdwyn trouens dit was 40 jaar gelede…

“Blare” hy was altyd so effe deur die blare.
“Rooies” so stoute rooikop vani Kaap wat gehou het om die groen papegaai slaai te rook.
“Oupa” ouer as die res met wysheid.
“Barries” en “Hanlen” afgelei van jul vanne.
En dan so maar lelike eenetjie wat soos Jan Spies kon praat en ons altyd opgebeur het…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.