Welkom op ’n planeet propvol pret!
Jaco Jacobs se planeet is ’n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar énige iets kan gebeur. Daar kan wurms met tamatiesous op jou spyskaart wees. Of ’n walvis kan in jou sop beland. Jy kan uitvind hoe ’n skoonheidskompetisie vir monsters werk óf die waarheid oor haaie uitvind. Jy kan ontdek jou boetie is ’n ruimtewese óf ’n luislang kan jou ouma insluk.
Jacobs se vorige bundels met kinderrympies, Wurms met tamatiesous en ander lawwe rympies en ’n Brulpadda in my tas: vrolike, vreemde en vreeslike verse, is steeds gewild en word landwyd in skole en by eisteddfods gebruik. Wurms met tamatiesous is met die Alba Bouwer-prys en die C.P. Hoogenhout-medalje bekroon.
“Die ergste marteling” het in Op My Planeet: Die Beste Rympies van Jaco Jacobs verskyn. Illustrasies is deur Zinelda McDonald behartig.
Die visuele aanbieding word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak.
Genre: Kinderfiksie
Ouderdom: Sewe en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R265,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers
Luister hier na “Die ergste marteling” deur Jaco Jacobs: