Boekvoorlesing: Die kas

Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak? Wat gebeur as jy te lank in Dina se donker oë staar? Wat is fout met juffrou Kupido – en watter nare geheim steek sy in haar pousekosblik weg? Woon daar werklik ’n mensvreter in die moeras soos party mense sê? Wat sal gebeur as ’n vampier en ’n zombie een nag kennis maak?

Dis groot. Dis gruwelik. Dit gaan jou hoendervleis gee. Dis die lekkerste versameling grilstories wat jy nog ooit gelees het! Hierdie reuse-rilboek deur die gewilde skrywer Fanie Viljoen bevat 31 spokerige, grillerige en grieselige stories wat jou ure lank sal laat ril en gril – en laat smeek vir nog!

“Die kas” is ʼn kortverhaal wat in Die groot boek van spoke en grille verskyn het.

Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

  • Luister hierbo na ʼn kortverhaal uit Die groot boek van spoke en grille deur Fanie Viljoen.

Genre: Kinderfiksie
Ouderdom: 13 en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R260,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anne-Marie ·

Kan daar asb nog storievoorlesings vir kinders wees? Fanie se storie was so oulik. Dadelik vir al my gr. 7s gestuur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.