Boekvoorlesing: Die wolkversamelaars

Die laaste wens van ’n liewe vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem haar wolkboekie saam om haar stokperdjie, die soeke na seldsame wolke, voort te sit. Daar word sy by ’n eienaardige rondloper, Mikey, se soektog na sy verdwene geliefde betrek. Maar dit blyk gou dat Mikey se geestestoestand troebel is. Dan duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Sal sy waag om antwoorde op vrae uit haar verlede na te jaag?

Oor die skrywer

Nadia de Kock woon en werk in Johannesburg. Sy is ʼn Inligtingstelselspesialis en skryf in haar vrye tyd, gewoonlik snags. Die wolkversamelaars is haar derde roman en speel in haar geliefde Skotse Hoogland af.

Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit die boek Die wolkversamelaars deur Nadia de Kock.

Genre: Fiksie
Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R270,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.