Boekvoorlesing: Ek wil nou nie snaaks wees nie en ander skaterlagrympies

Jaco Jacobs

Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie? Kan jy die alfabet van A tot Z burp? Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg? Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou? Wat is die moeilikste vraag op aarde?

Die antwoorde op al hierdie vrae is in dié skreeusnaakse rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Dié 65 rympies sal jou lagspiere hope oefening te gee, en dit deug boonop uitstekend vir eisteddfods.

Oor die skrywer

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 170 boeke vir kinders en meer as ’n miljoen eksemplare van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met 40 bekronings vir sy werk. ’n Goeie dag vir boomklim en Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word is wêreldwyd in Engels uitgegee. Italiaanse, Nederlandse en Brasiliaanse regte is ook verkoop. Albei boeke was op die langlys vir die vooraanstaande Britse Carnegie-medalje.  Sy top-verkoperboek, Suurlemoen!, waarvan daar reeds meer as 100 000 eksemplare verkoop is, is ook tot rolprent verwerk. Jacobs woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogters, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetelluislang.

Oor die illustreerder

Robert Dersley teken van die môre tot die aand. Hy het die dokter geteken wat teenwoordig was tydens sy geboorte, sy ouers, sy skoolmaats, sy dosente aan die Nelson Mandela Universiteit en al die diere op die plaas in die Vrystaat waar hy nou woon. Hy teken by die huis, in die motor (nie aan te beveel nie) en in sy kantoor waar hy as ’n vryskut-illustreerder vir korporatiewe kliënte werk. En nou kan hy uiteindelik sê dat hy ook ’n kinderboek geïllustreer het.

Kyk hier na Jaco Jacobs wat een van sy rympies, “ʼn Inspuiting is nie so erg nie” opsê:

Uitgewer: Pan Macmillan
Prys: R170,00*

*Prys onderworpe aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Liewe Jaco,jy is mos ń oorlewende Afr patriot,lees nou maar elke dag één nuwe versie vir ons voor,dit sal ń huppel sit in ons verswakte bene en agterstewe…..die slot en grendel het ons boonop so verarm dat ons nie jou boek kan koop nie! Dit weer neem die genot weg van 1000’e Afr kinders —-alles agv ń Chinese gogga. Dankie by voorbaat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.