Boekvoorlesing: Hans steek die Rubicon oor

Hans loop op 90 nié met ’n loopraam nie. Sy kinders bewerk hom vanuit hul tuiste oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone.

Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oud word volgens eie maatstawwe.

Oor die skrywer

Rudie van Rensburg is in Bloemfontein gebore. Hy het sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad begin, was medestigter en uitgewer van Bloemnuus en later redakteur van Die Ekonoom. In 1987 het hy Kaap toe verhuis. Sy skilderye is opgeneem in versamelings hier sowel as oorsee. Sy romans sluit in Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana en Kamikaze.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit die boek Hans steek die Rubicon oordeur Rudie van Rensburg. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Genre: Fiksie
Uitgewer: Queillerie
Prys: R220,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.