Boekvoorlesing: Kry styl – Jesus sʼn

Hoe bereik ons ander mense vir die Here? Hoe kan ons uitreik sonder om mense af te sit? Hoe kan ons mense van God se liefde en omgee oortuig? Ons uitdaging is om vars te dink oor hoe ons ons geloof uitleef. Maar denke alleen is nie genoeg nie. Inligting ook nie. Ons kort ʼn  nuwe styl – Jesus s’n.

Bekroonde teoloog Stephan Joubert, skrywer van meer as 60 boeke wat plaaslik en internasionaal uitgegee is, daag ons met dié boek uit om anders te dink – en te doen.

Oor die skrywer

Joubert is ’n teoloog, bekroonde skrywer, prediker en ’n gesinsman. Hy is hoof van e-kerk en ’n buitengewone professor by verskeie universiteite. Hy skryf rubrieke in Beeld en JUIG! Die Boodskap, geskryf saam met Jan van der Watt, is een van die mylpale in sy lewe.

  • Luister hier bo na ʼn voorlesing uit die boek Kry Styl – Jesus s’ndeur Stephan Joubert. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R200,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.