Boekvoorlesing: Luistervink

Madré Marais, ’n jong skrywer van Bloemfontein, se kortverhaaldebuut wat pas verskyn het, word as verrassend beskryf.

Marais is onderlê in die klassieke Afrikaanse kortverhaal, maar bied in dié genre vernuwing op vele vlakke. Elke verhaal bevat iets ongewoons, nie net wat betref taal en register nie, maar veral ten opsigte van karakterisering en perspektief. Hoogtepunte sluit in “Brandoffer” oor briewe aan ’n ma, “Sinker” oor ’n seun wat op die rand van ’n damwal huiwer, en “Driehonderd-vyf-en-sestig en ’n kwart”.

Oor die skrywer

Marais is in 1987 in Bloemfontein gebore en het op ’n plaas in die Suidwes-Vrystaat grootgeword.

Sy het in 2005 aan die Hoër Meisieskool Oranje gematrikuleer en het ná skool tale aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Sy het ’n BA-graad in Taalpraktyk en ’n honneursgraad in Linguïstiek. In 2018 het sy ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns onder leiding van Francois Smith en Henning Pieterse verwerf.

Marais woon in Bloemfontein waar sy sedert 2011 as subredakteur vir Volksblad se sentrale plaaslike koerante werk.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing van “Soengroet” uit die kortverhaalbundel Luistervink deur Madré Marais. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Genre: Kortverhale
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R220,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.