Boekvoorlesing: Ontdek God in die stories van mense

Dit is ’n versameling ware verhale wat God se almag en ingryping in die lewe van sy kinders illustreer. As joernalis in die geestelike en inspirasiemark het Benescke Janse van Rensburg oor die jare talle onderhoude gevoer met mense wie se stories haar meer van God se karakter geleer het.

In Ontdek God in die stories van mense deel Janse van Rensburg haar ontdekkings oor God se karakter met lesers. Sy rangskik hierdie ontdekkings van A tot Z volgens die karaktereienskap van God wat uit die gebeure na vore tree. Die toeganklike A-tot-Z-formaat maak dit ideaal vir gemeentestudie, huisgodsdiens, Bybelstudiegroepe en selgroepe.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R210,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

Luister hier na ʼn voorlesing en woorde van bemoediging deur Benescke Janse van Rensburg:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel ·

Hierdie Boek het vir my persoonlik.geweldig baie beteken en dit staan in my boekrak

Willem ·

Ek was ook so paar jaar terug in ń ongeluk. Ek dink ek was op die verkeerde pad toe gebeur dit met my. My lewe het heeltemal omgedraai want God was met my. Hy het my kom heelmaak en gesond. My familie is nou vir my meer werd as enige iets anders. God is groot en wonders word nogsteeds gedoen. Dankie vir Genade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.