Boekvoorlesing: Oopmond

Madelaine Taaibosch vermoed die skenkerhart wat in haar bors klop is ’n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur. Die speurtog na die waarheid oor haar skenker laat haar stadigaan besef dat party harte mekaar selfs oor eeue heen kan vind.

Oopmond was in 2017 die wenner van Lapa Uitgewers se jeugromankompetisie.

Oor die skrywer

Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibië gebore. Op 14 is sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer. Hy het ʼn BA-graad met Hebreeus en Filosofie as hoofvakke aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal. Vermeulen het later sy Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch en ’n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth behaal. Sy debuutroman, Die laaste dans, is in 1998 deur Queillerie uitgegee. In 2000 het sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie, verskyn. Dié boek is met die Sanlamprys (goud), die MER-prys, die Scheepersprys en ʼn ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. Vermeulen se kortverhaal “In ma se stoof” het in 2006 in die kortverhaalbundel Van spoke gepraat verskyn. Vermeulen en sy vrou, Diana, woon in die Oos-Kaap.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit die boek Oopmond deur Jan Vermeulen. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Genre: Jeugfiksie
Ouderdom: 17 en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R210,00 (boek) en R179,00 (e-boek)*

*Pryse onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.