Boekvoorlesing: ‘Stert’ bied iets vir elke jong leser

Iemand wat verdrink en ander verhale bevat ʼn versameling kortverhale wat iets vir elke leser bied – van iemand wat verdrink, ʼn vloekwoord hoor of nie kan sien nie, tot iemand wat ʼn boot vir sy pa bou, na appels ruik of zombies skiet.

Die titelverhaal is deur Marita van der Vyver en talle ander skrywers het ook ʼn bydrae gelewer. Dit sluit in Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Mercy Kannemeyer, Christien Neser, Zain Eckleton, Zelda Bezuidenhout, Corine Raath, Anzil Kulsen, Sidney Gilroy, Arleen Stone, Nicolette van Schalkwyk, Nanette van Rooyen, Nelia Engelbrecht, Almero Welgemoed, Christiaan du Plessis, Cecilia Steyn en Maria Vos.

Oor die samesteller

Viljoen is ʼn voltydse skrywer, skilder en illustreerder van Bloemfontein.

Sy werk is bekroon met verskeie toekennings soos die Goue Sanlam-prys vir jeuglektuur, MER-prys vir jeuglektuur en vir geïllustreerde kinderboeke, naaswenner in die Lapa-jeugromankompetisie en talle ATKV-kinderboektoekennings.

Viljoen skryf veral kinder- en jeugboeke omdat daar nie grense is aan kinders se verbeelding nie.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit die boek Iemand wat verdrink en ander verhale deur Fanie Viljoen. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Genre: Kinderfiksie
Ouderdom: 13 en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R200,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.