Boekvoorlesing: Vroue van die Bybel 2

Bekende radio-omroeper Esté Geldenhuys skryf weer oor Bybelse vroue vir vandag se vrou. Sy neem nie net ou bekende verhale wat sy afstof en nuwe lewe gee nie, maar delf dieper vir verhale van minder bekende vroue – weggesteekte vroue wie se name dikwels nie eers aan ons bekend is nie, maar vroue uit wie se lewe ons kan leer. Net so maak elke vrou vandag ’n verskil – bekend of onbekend – hulle lewer ’n bydrae tot die lewe van almal om hulle.

Die verhale van die vroue in hierdie boek inspireer ons om te delf tot ’n dieper verstaan van wie hierdie God is oor wie dit alles gaan.

Oor die skrywer

Esté Geldenhuys is ’n bekende in Christelike mediakringe. Sy was vir 24 jaar uitsaaier op Radio Kansel en het ook verskeie tydgleuwe op die televisiekanaal Kruiskyk. Sy lei gereeld toere na Israel. Haar eerste twee boeke by Lux Verbi, Vroue van die Bybel en Vroue van die Bybel 2, was baie suksesvol. Esté bly in Pretoria.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit die boek Vroue van die Bybel deur Esté Geldenhuys. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R200,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.