Boek: Boerekos

Cecile Kemp

’n Stomende bord Boerekos met skaapboud en gebakte aartappels, pampoenkoekies, gestoofde boontjies en malvapoeding vir nagereg, is genoeg om menige eter se mond te laat water. Veral in hierdie gejaagde tyd van kitskos en vinnige happies word daar gereeld verlang na ’n bord van Ouma of Ma se kos. In Boerekos bied Cecile Kemp – kenner van die Afrikaanse koskuns – ’n versameling gunstelingresepte wat die (byna) vergete kookkuns van ons voorouers weer laat herleef. Sy het staatmakerresepte aangepas by hedendaagse omstandighede deur duur bestanddele en tydsame gaarmaakmetodes tot die minimum te beperk. Met hierdie boek in die kombuis is dit vir elkeen moontlik om ou gunstelinge soos kerrievis, tamatiebredie en melkkos op die spyskaart te hê. Almal kan nou “kook soos Ouma” en disse optower uit enige van die 12 afdelings:

  • Sop,
  • Skaapvleis,
  • Vis,
  • Varkvleis,
  • Wildsvleis,
  • Bykosse en groente,
  • Pluimvee,
  • Nageregte,
  • Afval,
  • Gebak,
  • Beesvleis, en
  • Allerlei

Hierdie is die opgedateerde en hersiene uitgawe van die oorspronklike Boerekos wat onderskeidelik in 1986 en 2002 uitgegee is.

Oor die outeur
Cecile Kemp is vroeg in 2010 oorlede in die ouderdom van 84.

Boerekos is beskikbaar by toonaangewende handelaars en ook direk vanaf LAPA Uitgewers by 012 401 0700 of besoek Lapa se webblad.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R270-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adel ·

Ek soek asb die boek Boerekos hoe bestel ek die boek. baie dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.