Boereoorlogstories

Jeanette Ferreira

Die Anglo-Boereoorlog het sy spore op die ganse Suid-Afrikaanse bevolking gelaat. Oor ’n eeu heen het sentimente jeens die oorlog gewissel en die talle gesigspunte in hierdie kortverhaalbundel getuig daarvan. Begrip vir joiners en hendsoppers is een van vele gesigspunte wat niefiksionele historiese beskouings grootliks vooruit was met die eerste uitgawe in 1998. Terselfdertyd herleef pynlike kennis van bannelinge, vroue en kinders se lyding in hierdie sogenaamde “gentleman’s war”. Nóg grysaards nóg pasgeborenes nóg moeders is uitgespaar.

Van die voorste skrywers in die Afrikaanse literatuur het bygedra tot hierdie 34 verhale. Sommige bydraers is reeds oorlede en hierdie verhale is nooit elders gepubliseer nie.

Met hierdie heruitgawe, 112 jaar ná ’n lotsbestemmende ingryping in die Suid-Afrikaanse samelewing, spreek dit opnuut daarvan dat oorlog verpletter en dat “verraad” ’n stukkende woord is. Want deur die kreatiewe skrywer se oog gaan oorlog in die eerste plek oor mense.

Oor die outeur
Jeanette Ferreira is op 20 April 1954 naby Tzaneen gebore. Sy voltooi haar skoolloopbaan aan die Hoër Landbouskool Merensky en verwerf later die grade BA Honneurs en MA aan die Universiteit van Pretoria en ’n PhD aan Rhodes-Universiteit (onder leiding van André P. Brink). Sy doseer Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van die Noorde, Universiteit van Zoeloeland en die Universiteit van Vista. In 1988 en 1989 was sy voorsitter van die Afrikaanse Skrywersgilde. Na haar akademiese loopbaan, is sy al ’n hele paar jaar by uitgewerye werksaam. Sy het talle boeke in ’n verskeidenheid genres geskryf en saamgestel, en sy is veral bekend vir haar gewilde Anglo-Boereoorlog romans: Babette, Catharina en Charlotta. Sy woon in Pretoria.

Uitgewer: Tagfelberg
Prys: R195,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.