Boervrou se slim boekeplan help hulle om droogte te oorwin

Foto verskaf deur Bakgat Boeke

Elana Stadler is nie net ʼn boervrou van formaat nie, maar ook ʼn kreatiewe siel wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Toe die droogte die Stadler-gesin tot op hul knieë dwing, moes Elana inspring en handjie bysit om hul gesin finansieel te ondersteun. Terselfdertyd moes sy ook poog om haar drie seuns besig te hou en het sy gesukkel om lekker inkleurboeke vir hulle in die hande te kry. Sy besluit toe om self  ʼn inkleurboek vir hulle te maak. Met die regte sagteware en die Stadler-kreatiwiteit, het Bakgat Boeke in 2017 die lig gesien.

Met groeiende belangstelling in hierdie oulike inkleurboeke, het Elana in 2018 haar eerste drukkers by Nashua begin huur. Van daar af het die Bakgat Boeke-reeks, asook Elana se kreatiwiteit en idees, net aanhou groei en uitgebrei. Tot op hede, bestaan die Bakgat Boeke-reeks uit 95 verskillende produkte om van te kies en te keur. Hierdie oulike boeke is gemik op verskeie ouderdomsgroepe (vanaf 2 jaar tot en met Graad 3) en is propvol ouderdomsgepaste opvoedkundige aktiwiteite wat kinders ure aaneen besig sal hou. Met die hulp van ander mammas en gekwalifiseerde onderwysers, het Elana seker gemaak dat elke boek se aktiwiteite met sorg aanmekaar gesit is om aan die vereistes van die DBO te voldoen. Hierdie reeks is steeds besig om te groei, soos navrae vir spesifieke boeke, onderwerpe en temas begin instroom, en is beskikbaar in PDF-formaat op haar nuwe web tuiste www.bakgatboeke.co.za

Elana Stadler en haar gesin (Foto verskaf deur Bakgat Boeke)

Die Bakgat Boeke-reeks bestaan egter nie net uit opvoedkundige boeke vir kinders nie. Elana het die reeks uitgebrei om ook dagboeke vir onderwysers, dosente en mamma in te sluit, asook inkleur-tafelbeplanners en -kalenders. Onderwysers kan ook alles-in-een pakkette met kreatiewe temas vir hul klaskamers bestel, wat verskeie items insluit, soos onder andere plakkate, weerkaarte, klaskamer reëls, vlaggies, ens.

Wat begin het met ʼn uitmergelende droogte en ʼn behoefte vir lekker inkleurboeke vir haar seuns, het ontaard in ʼn suksesvolle besigheid wat aanhou groei en uitbrei. Bakgat Boeke is ʼn alles-in-een opvoedkundige hulpbron vir juffrou en die tuisskoolmamma. Nie net kan jy die hoë-kwaliteit opvoedkundige hulpbronne vir jou klas of tuisskool kry nie, maar kan jy die leerproses vir kinders soveel meer pret en leersaam maak.

Vir meer inligting oor hierdie wonderlike produkte, kontak Elana Stadler by [email protected] of 071 122 7020. Besoek ook gerus haar aanlyn winkel by www.bakgatboeke.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.